Ons bou ons eie kakebeenwa vir Bloedrivier Gelofte 170 (2008).

Verskeie mense het gesê ons weet nie wat ons aanpak nie, dat dit 'n geweldige taak is en dat dit boonop uiters moeilik gaan wees om 'n kakebeenwa te bou. Ons het nooit gesê dat hierdie mense verkeerd is nie. Ons het eenvoudig besluit om ons eie kakebeenwa te bou en het toe daarmee begin.t_266_199_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_01.jpg

Ons wens is dat jy hierdeur aangespoor sal word en dat jy ook sal sien dat Afrikaners wel kan saamwerk. Hierdie kakebeenwa simboliseer so 'n samewerking, maar meer nog, dat Afrikaners ten spyte van kritiek en teenstand wel iets besonders tot stand kan bring.

Hier is die fotos van die kakebeenwa wat ons besig was om te bou. Die span wat die kakebeenwa gebou het is Frans Schutte (Voorsitter Bloedrivier Herdenkingskomitee), Boetman Duminy (Fees Direkteur) en Willie Smith (Onder-voorsitter Bloedrivier Herdenkingskomitee).

Die basis van die wiele is uit staal gemaak. Verskeie ander produkte is gebruik om die wiele so na as moontlik na die ware jakob te laat lyk.

 

Die bo-stel van die wa is deur Willie op Piet Retief gebou. Frans en Boetman, wat die wiele op Vryheid gemaak het, het op Donderdag 24 Julie die wiele na Willie op Piet Retief geneem. Dit was die eerste keer dat die wiele en die bo-stel bymekaar gekom het. Ons deel graag die fotos van die 24ste Julie met jou ...

t_266_199_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_03.jpg t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_04.jpg
t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_07.jpg t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_07.jpg

... en as jy wonder; hierdie kakebeenwa is gebou met afmetings geneem vanaf die wa-laer monument kakebeenwaens op Bloedrivier. Hierdie wa is 20% kleiner as die waens op Bloedrivier.

Hierna is daar aan die onderstel gewerk en die bo-stel is op die onderstel aangebring. Let daarop dat die bo-stel nie aan die onderstel vasgemaak is nie. Hierdie kakebeenwa werk presies soos die van ouds. Die bo-stel is los op die onderstel en die hele wa kan binne paar minute uitmekaar gehaal word.

t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_13.jpg t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_15.jpg
t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_16.jpg t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_18.jpg

Op Dinsdag 23 September 2008 is die kakebeenwa terug na Vryheid sodat daar aan die tent en yster-langwa gewerk kon word. Hier is die wa enkele ure voordat hy op 'n sleepwa na Vryheid vertrek het.

t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_19.jpg t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_20.jpg

Die datum waarop die wa voltooi is, 300 man-ure later, is 17 Oktober 2008. Hier is die fotos van die wa wat op dieselfde dag geneem is.

t_267_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_21.jpg t_268_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_22.jpg
t_268_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_24.jpg t_268_200_16777215_0___images_stories_pop_l_foto_kake_23.jpg
Facebook