Enige persoon wat deur middel van sy voorsate of deur sy gewete gebonde is om die Gelofte in sy volle sin uit te leef en te “betaal” soos in die Gelofte aangehaal, is welkom om nou deel te hê aan hierdie geleentheid.

 

graniet_01.png

U kan 'n granietsteen van ongeveer 300mm breed, 150mm hoog en 50mm dik bestel waarop u en/of u gesin se name en ander besonderhede ingrafeer kan word, waar dit na voltooiing ingemessel word in die Muur van Herinnering op Bloedrivier. Wanneer u dan die Bloedrivier terrein besoek, hetsy tydens die feesverrigtinge op 16 Desember of andersins, kan u u granietsteen gaan beskou waar dit dan ook vir u familie as 'n blywende herinnering sal dien.

suil.jpg
Die eerste suil opgerig deur mnr. Frans Schutte op Bloedrivier.

Plaas u bestelling as volg:
  • Bereken u koste soos hieronder uiteengesit en betaal die bedrag in by;
    Rekeningnaam: Bloedrivier Geloftefeeskomitee
    Tipe: Tjekrekening
    Rekeningnommer: 0860 18 0081
    Absa Bank Vryheid
    Takkode: 334524
  • Stuur bewys van betaling deur na:
    • 1. Mnr. Martiens Duminy, Epos; Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
    • 2. Mnr. Frans Schutte: Hierdie e-pos adres is teen spambotte beskerm, jy moet JavaSkrip op jou webblaaier ontsper om dit te kan sien
    • of faks inbetalings bewys na : Aandag F. Schutte 0865503117. U sal binne 3 dae erkenning van ontvangs ontvang met 'n verwysingsnommer. Verskaf u telefoonnommer en naam asseblief.

Vir kontakbesonderhede skakel Martiens by: 0832991213 of Frans by 0833755198.

Kosteberekening

Koste per granietsteen: R100.00
plus Koste per letter of syfer: R5.00

Maksimum aantal letters is 45. Hoe minder letters, hoe groter die geskrif.

Facebook