Twintig kilometer suid van Heilbron is die historiese terrein van Vegkop. Op 2 Oktober 1836 het 'n veldslag tussen 'n groepie Voortrekkers en die Matabeles plaasgevind. Vyf-en-dertig weerbare manne onder leiding van Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers het die oorwinning oor 'n paar duisend Matabeles behaal. Slegs twee Voortrekkers sterf teenoor ongeveer vierhonderd en dertig Matabeles. Nicolaas Potgieter en Piet Botha is hier op Vegkop begrawe.