Get Adobe Flash player

Bloukrans

Provinsie : KwaZulu Natal
Land : Suid Afrika
      

Na die moord op Piet Retief en sy manskappe op 6 Februarie 1838 het Dingane sy magte gestuur om ander Voortrekkergeselskappe uit te wis. 'n Groot aantal gesinne en hul waens het langs die Bloukransrivier en Moordspruit oor 'n front van 25 km verspreid gestaan. Die waens is die aand van 16 Februarie omsingel en vroeg die volgende oggend aangeval. Ongeveer 500 Trekkers en hul bediendes het in die aanval omgekom.