Get Adobe Flash player

Bloedrivier Erfenisterrein

Adres : Bloedrivier
Adres : Dundee
Provinsie : Kwa Zulu Natal
Land : Suid Afrika
Telefoon : 034 632 1695
Telefoon : 072 988 3544
Faks : 086 613 5505
         

GPS: 28 06 13.77S, 30 32 02.45E
Lat. Long: -28.10528832, 30.540951490

Die Bloedrivier Erfenisterrein naby Dundee is waarskynlik een van die uniekste slagvelde in Suid-Afrika. Op 16 Desember 1838 het 464 Voortrekkers met hul agterryers onder die bekwame aanvoering van Andries Pretorius, koning Dingane se ongeveer 10 000 impi onder bevel van Ndlela kaSompisi verslaan.

Die Voortrekkermonument bestuur die terrein sedert 2002. Besoekers kan uitsien na 'n interessante besoek aan die verskillende monumente op die terrein, die museum en die geskenkwinkel. Die drie-ster gastehuis met 4 en-suite slaapkamers asook die Trekker restaurant bied rus en voedsel vir liggaam en siel.