Die periode van hersiening (1933 - 1953)
Die eindvertalers het besef dat 'n hersiening van die vertaling nodig was, veral in die lig van die bespreking wat op die publikasie van die nuwe vertaling gevolg het. Hulle het ook van die drie Hollandse Kerke opdrag gekry om met die werk voort te gaan. Omdat drie van die eindvertalers in hierdie tyd tot sterwe gekom het, het net drr. du Toit en Keet oorgebly om die werk af te rond. By die verskyning van die hersiene uitgawe in 1953 het nog net dr. Keet gelewe.
Hierdie vertaling het voortreflike hoedanighede gehad en was van besonder groot betekenis vir die vestiging van die Afrikaanse taal.