Get Adobe Flash player

Die 170ste herdenking van die Gelofte van Bloedrivier het op 21 November 2008 by die Voortrekkermonument in Pretoria begin en op 16 Desember 2008 by Bloedrivier ten einde geloop. Dertien dorpe en drie en twintig geloftefeeskomitees het van Bloedrivier Gelofte 170 'n reuse sukses gemaak.

Die doelstellings vir Bloedrivier Gelofte 170 was:

  • Verootmoediging teenoor God drie-enig.
  • Herbevestiging van die gelofte.
  • Om ons kinders bewus te maak van die gelofte.

Hier is 'n paar foto's wat tydens Bloedrivier Gelofte 170 (2008)  geneem is:

t_299_224_16777215_0___images_stories_vtm_g_01.jpg t_300_224_16777215_0___images_stories_vtm_g_03.jpg
21 November 2008 - In die
Voortrekkermonument - Pretoria.
Coert Grobbelaar doen 'n voordrag.

t_300_224_16777215_0___images_stories_vtm_g_04.jpg
t_300_224_16777215_0___images_stories_vtm_g_02.jpg
Koor sang. Studente vertrek simbolies met die
wa vanaf die Voortrekkermonument.
t_300_225_16777215_0___images_stories_kru_g_01.jpg t_301_226_16777215_0___images_stories_kru_g_02.jpg
22 November 2008 - Kinders word op
Krugersdorp voor die wa ingespan.
Op Krugersdorp was baie van die kinders
voor op die wa.
t_300_225_16777215_0___images_stories_kru_g_03.jpg
t_299_224_16777215_0___images_stories_kru_g_04.jpg
Die Verootmoedigingswa voor die Paardekraal
Monument.
Mense begin aankom vir die feesvieringe.
t_301_226_16777215_0___images_stories_bra_g_01.jpg
t_300_225_16777215_0___images_stories_bra_g_02.jpg
23 November 2008 - Die Verootmoedigingswa
kom op Brakpan aan.
Die Verootmoedigingswa se spore word in
sement op Brakpan vasgevang.
t_300_224_16777215_0___images_stories_bra_g_03.jpg
t_300_225_16777215_0___images_stories_bra_g_04.jpg
Deel van die BG 170 span op Brakpan.
Deel van die Bybel- en teologieseboek uitstalling.


Bloedrivier Gelofte 170 was 'n aksie van die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee ter herdenking van die 170ste jaar na die slag van Bloedrivier. Bloedrivier Gelofte 170 het die geloftefeeskomitees van verskeie dorpe tussen Pretoria en Bloedrivier, oor die tydperk van 21 November tot 6 Desember 2008 betrek. Die aksie het behels op hierdie dorpe wat deur die plaaslike geloftefeeskomitees georganiseer was behels. Die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee het  verskeie items vir die program verskaf, terwyl die plaaslike geloftefeeskomitee omgesien het na die aanbieding van die program.
Gedurende hierdie feeste was die gelofte herbevestig en elke feesganger het geleentheid gekry om op 'n baie spesiale manier hom/haar te vereenselwig met die Gelofte van Bloedrivier. 'n Manifes wat nou op Bloedrivier gehou word is onderteken.

Die Bloedrivier Herdenkingskomitee het die plaaslike geloftefeeskomitee van die volgende items voorsien:

* 'n Kakebeenwa wat deur kinders deur dorp getrek kan word.
* Coreen en haar orkes.
* Antieke Bybel en teologiese boeke uitstalling waarvan die oudste boek in 1645 gedruk is.
* Perde vir optog.
* Geskiedkundige vlae vir optog en ander gebruik.
* Spreker wat ook gelofte herbevestig.
* Verkope van DVDs en boeke oor die slag van Bloedrivier.
* Verkope van historiese vlae en verskeie ander items.
* Blootstelling op Radio Pretoria, Radio Kragbron, Radio Platorand, Radio Ermelo.
* Berigte vir plasing in u plaaslike koerant.

Die plaaslike geloftefeeskomitee was op hul beurt verantwoordelik vir:

* Saal of terrein waarin verrigtinge kan plaasvind.
* Enige ander toevoegings tot program.
* Roete deur dorp vir trek van die kakebeenwa deur kinders.
* Huisvesting van 18 persone van Bloedrivier Gelofte 170 groep.
* Plasing van berigte in plaaslike koerant.

t_300_218_16777215_0___images_stories_gro_g_01.jpg
t_301_226_16777215_0___images_stories_gro_g_02.jpg
24 November - Groblersdal. Wa word oor
sement getrek.
Wa-wiel, perd en ruiter.
t_300_224_16777215_0___images_stories_bro_g_01.jpg
t_300_225_16777215_0___images_stories_bro_g_03.jpg
25 November - Verootmoedigingswa
kom op Bronkhorstspruit aan.
Mense luister na Coreen en haar orkes
op Bronkhorstspruit.
t_300_225_16777215_0___images_stories_wit_g_02.jpg
t_300_225_16777215_0___images_stories_wit_g_03.jpg
26 November - Manifes word op Witbank
onderteken.
Verskeie optredes tydens die vieringe op
Witbank.

Ons onthou graag al die dorpe waar Bloedrivier Gelofte 170 aangedoen het:

* 21 Nov Voortrekkermonument
* 22 Nov Krugersdorp
* 23 Nov Brakpan
* 24 Nov Groblersdal
* 25 Nov Bronkhorstspruit
* 26 Nov Witbank
* 27 Nov Middelburg
* 28 Nov Bethal
* 29 Nov Standerton
* 1 Des Ermelo
* 2 Des Piet Retief
* 3 Des Newcastle
* 6 Des Vryheid
* 16 Des Bloedrivier