Dit is Sondag 16 Desember 2007. Die feesgangers het reeds hul plekke ingeneem toe Frans Schutte, die voorsitter aankondig: "Vriende, ons het vir jul 'n verassing vandag ..." Die musiek begin en Siebert sê die woorde: "In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te behoed en te bewaar ..." gevolg deur Coreen wat sing...
Dit was maar die vyfde keer dat die orkes die lied "BLOERIVIER" saam kon speel. BLOEDRIVIER die lied is in minder as twee weke geskryf, geoefen en gereed gekry vir Geloftefees 2007. Die mense se reaksie?
Wel, daar is hande geklap, gefluit en gejuig! BLOEDRIVIER het gekom om te bly. So het BLOEDRIVIER die amptelike lied van die Bloedrivier Gelofte 170 feesvieringe geword.
Die Woorde
In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te behoed en te bewaar
'n Monument sal hulle bou en die dag sal heilig bly,
Hul grootste wapen - hul geloof - met die Here aan hul sy ...
Die nag was kul en donker, die impi's staan en wag,
die lampies op die ossewaens soos Mahlozi's in die nag
'n Strandwolf sluip daar tussendeur, hy's onheilspellend daar
Die mis sak toe, die vyand druis, hul wag op die bevel.
In die geslote walaer, in 'n see van heidendom
is daar 'n lig wat helder skyn - die lig van Christendom.
Die stemme van 'n mannekoor weerklink deur digte mis
Psalm agt-en-dertig, stel almal weer gerus.
KOOR
Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag
Twee skote van 'n dubbel-loop, die stryd het pas begin
Die isilongo kondig aan Dingaan - ons sal oorwin
Maar God ons Vader is met ons, die vyand word verslaan
Die veld drink bloed, soos op Golgota - dit moet ons verstaan
KOOR
Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag
Die mense agter BLOEDRIVIER
![]() Coreen |
![]() Jenny |
![]() Kobus |
![]() Siebert |
Onthou jy nog die temalied van die 1938 Simboliese Wa-trek? Ek het die woorde gekry maar is nog opsoek na 'n opname daarvan. Miskien kan jy help?
Die Ossewa
Die rooispan Afrikaners trek so pragtig
stap so stadig aan met die wa.
Die roepstem kom tot ons so luid en kragtig -
trek saam met die ou ossewa.
Ja, neentien honderd agt en dertig,
Jy bring die ossewa,
om Afrikaners wakker te skud
en ons so mooi te vra -
en as hierdie fees verby is trek dan ons harte
want ons moet nou koershou vir altyd,
vir land en volk en taal.
Ossewa, ek wil jou vra wanneer jy uitspan -
by Pretoria en Bloedrivier,
trek al die Afrikanerharte wat daar feesvier,
gee hul liefde en plesier.
Laat ons dink aan jou verlede en gebede -
jy smeek ons om liefde en vrede,
dat ons t'rug kan kyk na die kakebeenwa
op die pad van Suid Afrika!



