Buiten die Bloerivier erfenisterrein is daar baie ander geskiedkundige monumente en plekke in Suid Afrika. Ons gee u die geleentheid om hierdie monumente en erfenisterreine op hierdie webwerf te besoek, te sien waar hulle geleë is en spesifieke kontak besonderhede te bekom. Verder gee ons u die geleentheid om u eie omgewing se geskiedkundige monumente en terreine te lys.