Get Adobe Flash player

Kampering:

Koste: R60.00 per nag (6 persone per staanplek - sluit kragpunt in).
R5.00 per persoon per nag vir die gebruik van die warmwater (solank dit hou) ablusieblok.
Alle motors betaal R20.00 toegang.

Geen besprekings is nodig nie. Meld by die Kampkommandant aan met u aankoms.

Oornaggeriewe:

Die 5 kamers op Bloedrivier is deur die komitee opgeneem vir sprekers en mense wat tydens die fees optree. Daar is ongelukkig nie ander fasiliteite buiten kampgeriewe op Bloedrivier self beskikbaar nie.

Gastehuise:

U word versoek om die internet te gebruik om na akkommodasie te soek. Ons kan ongelukkig nie op hierdie webwerf verwysings na gastehuise doen nie. Dundee is die naaste dorp - 40km terwyl Vryheid sowat 70km vanaf Bloedrivier is.

Algemene navrae aangaande verblyf en kampering: Mnr. Frans Schutte by 083 375 5198 en gebruik Bloedrivier.org as verwysing.