20 Desember 2011 - Fotos van Geloftefees 2011
'n Paar fotos is onder die FOTO afdeling van die webwerf geplaas. Het u dalk fotos wat ons kan plaas?
15 Desember 2011 - Toestand van pad.
Frans Schutte sê dat die aanbevole roete oor Kingsley is. Die ander pad word aan gewerk en daar is 'n 5km gedeelte waar mens mooi moet ry.
10 Desember 2011 - Suil opgerig
Mnr Frans Schutte het sopas die foto aangestuur van die eerste suil met granietstene wat op Bloedrivier opgerig is. Die granietsteen projek en suile word nou deel van die geskiedenis op Bloedrivier. U kan meer lees oor die granietsteen projek deur hier te kliek.

Die eerste suil op Bloedrivier.
30 November 2011 - Kampeer Kostes
Om te kampeer op Bloedrivier is R60.00 per nag (6 persone per staanplek). Tel R5.00 per persoon per nag by vir die gebruik van ablusieblok en dan R20.00 per motor toegang.
Geen besprekings vir kampering nodig nie.
6 November 2011 - Klankbane nou beskikbaar!
Klankbane wat tydens Bloedrivier Gelofte 170 op Radio Kragbron uitgesaai was, is nou op hierdie webwerf beskikbaar. U moet egter eers inteken voordat u toegang tot die klankbane kan kry.
17 Oktober 2011 - Die 2011 Program is beskikbaar!
Frans Schutte het vandag die finale feesprogram aangestuur en ons plaas hom graag. Die skakel na die program is heel bo-aan die bladsy, of u kan hierdie skakel kliek.
3 Oktober 2011 - Nuwe Bloedrivier.org webwerf gepubliseer.
Na baie jare is daar besluit om 'n splinternuwe webwerf te bou. Die webwerf moes betyds vir die 2011 Geloftefees klaar wees. Nou ja, hy is gepubliseer en word nou stelselmatig uitgebrei. Baie nuwe funksies, soos interaktiewe kaarte, 'n verbeterde Geloftefeeskomitee databasis, inteken prosedure en dies meer is nou beskikbaar.