Get Adobe Flash player

deur Josef du Toit

Die historikus Gustav Preller verduidelik dat die Gelofte by die Slag van Bloedrivier na ons afgekom het in die vorm van drie oorkondes:

  • Eerstens, die inskrywing, 'n week voor die slag, in die Kommando-Joernaal, soos in die tweetalige Kaapse koerant, De Zuid-Afrikaan afgedruk in die volgende jaar.
  • Tweedens, Pretorius se Kommandantsverslag (neergepen 'n week na die slag) wat ook in De Zuid-Afrikaan 'n paar maande na die oorwinning gepubliseer is.
  • Meer as dertig jaar na die Slag van Bloedrivier, vind die geestelike leier van die Strafveldtog, Sarel Cilliers, hom op sy sterfbed, waaruit hy sy herinneringe dikteer oor onder andere die Bloedrivier-Slag. Hierdie derde oorkonde van die Gelofte, is deur H J Hofstede in sy boek 'Geschiedenis van den Oranje-Vrijstaat' 'n paar jaar na Cilliers se dood, opgeneem.

Hofstede se boek is as herdruk te koop vanaf Amazon.

GEREGISTREEDE GEBRUIKERS HET TOEGANG TOT ...

  • ’n Noukeurige transkripsie van beide die volledige Kommando-joernaal en die volledige Kommandantsverslag, sowel as van al die redaksionele kommentaar daarom heen in die relevante uitgawes van De Zuid-Afrikaan (Nederlands, sowels as Engels).
  • Skandering uit De Zuid-Afrikaan se bladsye van daardie paragrawe wat die Gelofte-bewoording (in Nederlands) bevat, beide in die Kommando-joernaal en die Kommandantsverslag. (Die koerantskanderings is vanaf argiefmikrofilm en is wel nie oral geheel en al duidelik nie.)
  • Skandering uit Hofstede se gemelde boek, van die gedeelte van Cilliers se sterfbed-diktasie rakende die Gelofte (487 kilo-grepe in pdf).

Indien u nie geregistreerd is nie, kan u nou so doen deur hierdie skakel te kliek.