In ‘n tydvak waar vrae rondom kulturele bestaansreg toenemend onder volksgenote na vore kom, is dit die mening van die huidige skrywers dat ‘n terugkeer na die korrekte verstaan van die 1838-Gelofte ‘n imperatief geword het. Hierdie artikel poog daarom ook om ‘n klein bydrae te lewer tot ‘n nadere begrip van die Gelofte. Daarby is dit noodsaaklik om te meld dat daar hier geen poging aangewend word om skeptici waar dit die Gelofte aangaan, tot ander insigte te bring nie, en sekerlik ook nie om oortuigde Gelofte-genote met twyfel te belas nie. Eerder wil ons diegene vir wie die Gelofte nog altyd ‘n saak van groot erns is, soos ook by onsself, in hul meelewing nog verder versterk.
[ laai af - Afrikaans - 210Kb - J.L. du Toit en Dr. L. du Toit ]