Bloedrivier.org is die amptelike webblad van die Bloedrivier Gelofte-herdenkingskomitee. Hierdie komitee organiseer die jaarlikse geloftefeesvieringe op die Bloedrivier Erfenisterrein. 
'n Gelofte teenoor God drie-enig word hier in stand gehou.
Die gelofte van Bloedrivier, soos dit in 1838 afgelê is, lê vir baie mense na aan die hart. Hierdie mense verstaan dat die gelofte uit nood gebore is. Hierdie mense verstaan die smeekgebed wat binne die gelofte vervat is. Hierdie mense sien en erken die almagtige drie-enige God se hand in die uitkoms van die slag. Dit is om hierdie rede dat 'n Bloedrivier-geloftefees 'n dankbaarheidsfees is. Dit is 'n fees wat sentraal daarop gerig is om aan God dank en eer te gee.
Vir die van u wat die gelofte herdenk, beveel ons aan om ten minste een keer in u lewe die feesvieringe op Bloedrivier by te woon.
Geloftefees op Bloedrivier begin gewoonlik 'n paar dae voor die 16de Desember. Mense bring hul woonwaens en tente en slaan kamp op in die toegeruste kampeerarea.
Nagenoeg 1,500 feesgangers neem jaarliks aan die feesvieringe op Bloedrivier deel. Voor die 16de word daar jukskei gespeel, skyf geskiet, klei-osse gebou en gekuier. Die oggend van die 16de begin vroeg met 'n plegtigheid in die wa-laer. Tydens hierdie plegtigheid word die gelofte herbevestig. Hierna is daar 'n gedenkdiens en vertelling van die geskiedenis in die saal.
U word uitgenooi om hierdie jaar geloftefees op Bloedrivier by te woon.
Versoeningsdag en Geloftedag
Wat versoeningsdag en Geloftedag in gemeen het is dat hulle dieselfde datum op die kalender deel. Verder het hulle niks in gemeen nie.
|
Enige persoon wat deur middel van sy voorsate of deur sy gewete gebonde is om die Gelofte in sy volle sin uit te leef en te “betaal” soos in die Gelofte aangehaal, is welkom om nou deel te hê aan hierdie geleentheid.
Ons onthou graag die voorlaaiers, die Gelofte, die kakebeenwaens en veghekke ... en vergeet maklik die Bybel van die Voortrekkers. Ons vergeet hul Christelik-gereformeerde (Calvinistiese) agtergrond. In hierdie artikel gee ons weer die nodige aandag aan die Bybel van die Voortrekkers.
|
20 Desember 2011 - Fotos van Geloftefees 2011 'n Paar fotos is onder die FOTO afdeling van die webwerf geplaas. Het u dalk fotos wat ons kan plaas?
Dit is Sondag 16 Desember 2007. Die feesgangers het reeds hul plekke ingeneem toe Frans Schutte, die voorsitter aankondig: "Vriende, ons het vir jul 'n verassing vandag ..." Die musiek begin en Siebert sê die woorde: "In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te behoed en te bewaar ..." gevolg deur Coreen wat sing...
|