|
Ondersteunersklub
Die Bloedrivier Erfenisterrein het u hulp dringend nodig en versoek u vriendelike dog ernstig dat u aansluit by die
Ondersteunersklub en dat u u vriende en kennisse moet aanmoedig om dit ook te doen. Die Klub is gestig om lede van die gemeenskap
by die Bloedrivier Erfenisterrein te betrek en om addisionele fondse in te samel vir die behoud, bewaring en bestuur van die terrein.
Die Bloedrivier Erfenisterrein ontvang geen subsidie van die Staat nie en is in geheel afhanklik van fondse wat self gegenereer moet word.
Lidmaatskap van die ondersteunersklub is jaarliks hernubaar en duur van 1 Maart of daarna tot einde Februarie van die volgende jaar.
Voorsiening word gemaak vir twee kategorieë van lidmaatskap, nl:
Individuele lede: R 150,00 per jaar (BTW ingesluit)
Lewenslange lede : R2000,00 per jaar (BTW ingesluit)
Alle bestaande en nuwe lewenslange Vriende van Bloedrivier sal ook outomaties komplimentęre lidmaatskap as lewenslange Vriend van die
Voortrekkermonument verkry.
Alle individuele Vriende van Bloedrivier sal ook vir die jaar waarvoor hul ledegeld opbetaal is, komplimentęre individuele lidmaatskap as
Vriend van die Voortrekkermonument verkry. Dit impliseer dat hulle outomaties geregtig sal wees op die volgende voordele wat geld vir
Vriende van die Voortrekkermonument :
• ‘n Spesiale sertifikaat en lapelkenteken (lg slegs eenmalig).
• 'n Spesiale lidmaatskapkaart, vir gratis toegang vir een sedanvoertuig per besoek tot die terrein.
• Vrystelling van die R5 erfenisheffing per voertuig wat die VTM Erfenissentrum of Bloedrivier Gelofteterrein binnekom.
• 10% Afslag vir die lid plus een persoon op alle Sondagmiddagetes wat by die Monument-restaurant genuttig word, drank uitgesluit
(Spesiale lidmaatskapkaart moet getoon word).
• Lewenslange lede kan komplimentęre lidmaat- skap bekom as stemgeregtigde Kategorie C-lede van die VTM en die Erfenisstigting en aldus
verkiesbaar word tot die onderskeie direksies, Hulle kan derhalwe op aansoek vrygestel word van die aanvanklike aansluitingsfooi van
R2 000,00, maar dit word steeds van hulle verwag om ‘n jaargeld van R200,00 te betaal om die stemgeregtigde lidmaatskap in stand te hou.
• Alle individuele Vriende van die Voortrekkermonument wie se ledegeld voor 31 Desember betaal is, sal voortaan komplimentęre lidmaatskap
van die Vriende van Bloedrivier vir die daaropvolgende jaar ontvang. As teenprestasie vir die tydige inbetaling van hul ledegeld as Vriende
van Bloedriver (bv 31 Desember 2009), sal hulle derhalwe, in daardie geval, nie meer gedurende die daaropvolgende jaar (2010), afsonderlik
as Vriende van Bloedrivier hoef by te dra nie.
Meer besonderhede oor ander maniere waarop u ook betrokke kan raak, kan verkry word by bemarking@voortrekkermon.org.za
|