Die Slag van Bloedrivier - Zoeloemagte

Voor donker het van die Zoeloemagte reeds deur dieselfde drif gekom, terwyl andere aan die noordekant bokant die kuil deurgekom het.

Die Zoeloeregiment wat eerste aan die geveg sou deelneem, was die Abafana (seuns) met swart skilde toegerus. Die Swartskilde regiment was sedert Shaka se tyd die jong krygers wat nie mag trou voordat hulle assegaailemme bloed getrek het nie. Op hulle versoek is hulle juis om die rede toegelaat om die geveg in te lei.

Die Zoeloe opperbevelhebbers, Ndlela en Tambuza, met ander hooggeplaastes, byvoorbeeld twee "prinse" (jonger broers van Dingane) het aan die ooste-kant van die seekoeigat saam met die Witskilde regiment gesit om die geveg dop te hou.

Die aand van Saterdag, 15 Desember was baie donker en boonop het 'n digte mis oor die gebied getrek. Daardie nag het geen aanval plaasgevind nie en dit het gelei tot verskillende verklarings, byvoorbeeld:

  • Die Voortrekker-lanterns het 'n spookagtige skynsel in die miswolke tot gevolg gehad. (Die lanterns was nie soos ons dit vandag ken en soos die wat nou aan die sweepstokke hang nie. Dit was 'n blikkie wat soos 'n groenterasper lyk met 'n kersie binne-in. In die museums in Bloemfontein en Pretoria is voorbeelde van die lanterns).
  • Die Zoeloes het reeds geweet dat vogtige lug die ontvlamming van buskruit kan verhinder, en het gedink hulle sou die Voortrekkers maklik in die vroeë more kon doodsteek.

Die bekende fisikus, Prof Lotz Strauss, het op skrywer se versoek vasgestel dat Maandag, 17 Desember 1838 nuwemaan was en dit bevestig dat die nag van 16 Desember donkermaan was. Nie een van die vegtende partye kon vooraf die tyd van ontmoeting bepaal nie, tog was dit bestem om mekaar op 16 Desember te ontmoet met donkermaan.

Anders as wat normaalweg gebeur, het die mis voordag opgeklaar en was Sondag, 16 Desember 1838 'n helder, sonnige dag.

Klankbane

Please update your Flash Player to view content.

Betaal die Geloftes

Betaal die Geloftes - 'n wekroep vanuit die verlede - 'n fees die geskikste monument.

Klik hier.

Soli Deo Gloria

Soli Deo Gloria is die Latyn vir "Alleen aan God die eer." 

Lees meer hier.