Die Slag van Bloedrivier - Retief / Dingaan

Retief het in Oktober 1837 al Natal toe gereis waar hy in Port Natal die Engelse handelaars ontmoet het. Toe het hy noordwaarts oor die Tugela na Mgungundlovu (Dingaanstat) gereis en Dingane, koning van die Zoeloes, in November 1837, versoek om die onbewoonde gebied tussen die Tugela en Umzimvuburivier tot aan die Drakensberg, aan die Trekkers as woongebied af te staan.

Dingane het Piet Retief vriendelik ontvang, maar hom beskuldig dat die Voortrekkers 'n trop beeste van hom gesteel het en dat hy nie voor Retief die vee terugbesorg het, die woongebied sou afstaan nie. Retief is dus terug na die laers wes van die Drakensberg. Die Trekkers het geweet dat die beesdief 'n Tlokwa- kaptein Sikonyela was, wat in die omgewing van die latere Harrismith gewoon het. Hulle het maklik die gesteelde beeste gekry en ook beslag gelê op 'n klomp Tlokwa-beeste as skadevergoeding aan Dingane. Retief en 'n gevolg van 70 man en 30 agterryers het op 25 Januarie 1838 weer na Mgungundlovu gereis en op 3 Februarie 1838 die beeste aan Dingane afgelewer.

Op 4 Februarie 1838 het Dingane die kontrak (traktaat) onderteken wat die oordrag van grond aan die Trekkers beskryf het. Baie vriendelik het Dingane die Retief-groep genooi om op 6 Februarie 'n Zoeloe-dansvertoning en onthaal by te woon voor hulle vertrek. Tydens die vertoning het Dingane eenkant toe gestap en hard geroep: "Bulalani abathakati!" (dit beteken: "maak dood die towenaars!"). Die Voortrekkers is vinnig oorval, met rieme vasgebind en noordoos van die stat gesleep tot op die klipkoppie genaamd "Kwa Matiwana" aan die kant van die paradegrond, wat genoem word "Hlom'amabutho". Hier is almal met kieries doodgeslaan, Retief laaste.

Dis verstaanbaar dat die Trekkers na langer as 'n jaar se kamplewe nie kon rus om Natal, suid van die Tugela in te trek nie. Boonop het almal geglo dat Retief se tweede besoek aan Dingane 'n blote formaliteit sou wees, want hy het die gesteelde beeste teruggeneem soos hy belowe het. Ongelukkig wou verskeie gesinne ook nie in Natal in laers staan nie, en het ooswaarts uitgesprei aan die walle van die Bloukrans- en Boesmansriviere.

Klankbane

Please update your Flash Player to view content.

Betaal die Geloftes

Betaal die Geloftes - 'n wekroep vanuit die verlede - 'n fees die geskikste monument.

Klik hier.

Soli Deo Gloria

Soli Deo Gloria is die Latyn vir "Alleen aan God die eer." 

Lees meer hier.