Waar is Bloedrivier?

Die Bloedrivier Erfenisterrein is in die noord-westelike hoek van KwaZulu Natal, tussen Dundee en Vryheid geleë. Bloedrivier is sowat 500 kilometer vanaf Pretoria geleë.

Die volgende fasiliteite is op die erfenis terrein:

  • Brons walaer monument
  • Granietwa
  • Museum
  • Restaurant
  • Gastehuis en kamp geriewe
 

Die Gelofte

"Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan hom te gee."

Betaal die Geloftes

Betaal die Geloftes - 'n wekroep vanuit die verlede - 'n fees die geskikste monument.

Klik hier.

Soli Deo Gloria

Soli Deo Gloria is die Latyn vir "Alleen aan God die eer." 

Lees meer hier.