Bloedrivier Geloftefees ProgramBloedrivier NuusBloedrivier GeskiedenisKontak Ons


Onthou jy nog die temalied van die 1938 Simboliese Wa-trek? Ek het die woorde gekry maar is nog opsoek na 'n opname daarvan. Miskien kan jy help?

Die Ossewa

Die rooispan Afrikaners trek so pragtig
stap so stadig aan met die wa.
Die roepstem kom tot ons so luid en kragtig -
trek saam met die ou ossewa.

Ja, neentien honderd agt en dertig,
Jy bring die ossewa,
om Afrikaners wakker te skud
en ons so mooi te vra -
en as hierdie fees verby is trek dan ons harte
want ons moet nou koershou vir altyd,
vir land en volk en taal.

Ossewa, ek wil jou vra wanneer jy uitspan -
by Pretoria en Bloedrivier,
trek al die Afrikanerharte wat daar feesvier,
gee hul liefde en plesier.

Laat ons dink aan jou verlede en gebede -
jy smeek ons om liefde en vrede,
dat ons t'rug kan kyk na die kakebeenwa
op die pad van Suid Afrika!

 

HOOFBLAD | POSLYS | FOTOS | STATEBYBEL | SKAKELS

Kopiereg voorbehou deur TWSC.biz
Ontwerp en Ontwikkelling deur Willie Smith