|
Die Bloedrivier Gelofteherdenkingskomitee stem nie noodwendig saam met die
inhoud van die volgende artikels nie.
U kan u eie artikels aan ons stuur vir moontlike plasing. Alle artikels is in PDF formaat.
|
Kort aantekeninge oor die 1838-Gelofte Opgedateerde Artikel!
In ‘n tydvak waar vrae rondom kulturele bestaansreg toenemend onder volksgenote na
vore kom, is dit die mening van die huidige skrywers dat ‘n terugkeer na die korrekte
verstaan van die 1838-Gelofte ‘n imperatief geword het. Hierdie artikel poog daarom
ook om ‘n klein bydrae te lewer tot ‘n nadere begrip van die Gelofte. Daarby is dit
noodsaaklik om te meld dat daar hier geen poging aangewend word om skeptici waar
dit die Gelofte aangaan, tot ander insigte te bring nie, en sekerlik ook nie om
oortuigde Gelofte-genote met twyfel te belas nie. Eerder wil ons diegene vir wie die
Gelofte nog altyd ‘n saak van groot erns is, soos ook by onsself, in hul meelewing nog
verder versterk.
[ Afrikaans, 210kb, J. L. du Toit & Dr L. du Toit ]
|
|
Calvyn in die wakis!
"Calvyn in die wakis" was die tema van die Calvynfees wat op 25 Oktober 2009 by
die Voortrekkermonument in Pretoria gehou is. Prof. JAE Adendorff was die aanbieder.
"Dis ek. My naam is Voortrekker, pionier, landsontdekker. Ek is in die woorde van GA Watermeyer ‘n
klein uitgerukte Westerloot wat in die Suide stam kom stoot . Maar noem my ook Calvinis, want my volk
se geboorte-uur op Afrikaanse bodem was gedrenk in die gereformeerde godsdiens. Julle onthou mos:
Vir die Rooms Katolieke ontdekkingsreisigers Dias en Da Gama het die Kaap geen tuiste gebied nie.
Dit was vir hulle die Kaap van storms. Maar toe het God in sy albeskikking die gereformeerde Hollander
Jan van Riebeeck hier ‘n holte vir sy voet gegee. Deur die loop van jare kom sy gebed op 8 April 1652
na ons aangesweef: … waar ons in U Heilige Naam … vergader is om … besluite te neem … tot voortplanting
en uitbreiding van U ware gereformeerde Christelike leer … bid ons U, o allergenadigste Vader, om met
U Vaderlike Wysheid ons by te staan …. Só het dit dan gekom dat my volk, die Afrikaner, as’t ware met
die Bybel en die gereformeerde belydenisskrifte in die wieg gebore is. En dit het ons geestelike
kinders gemaak van Johannes Calvyn, die groot hervormer van Genéve."
[ Afrikaans, 182kb, JAE Adendorff ]
|
|
The day of the Covenant
"Therefore know that the Lord your God, He is God, the faithful God
who keeps Covenant and mercy for a thousand generations with those who love Him and
keep His commandments." Deuteronomy 7:9
For over a century and a half, throughout South Africa, 16 December has been
observed as The Day of the Covenant. Marking the decisive Battle of Blood River,
the Day of the Covenant has been recognised by many, not only as a victory for
the Voortrekkers, but as a triumph for Western civilization and Christianity in
Africa.
[ English, 95kb, Dr Peter Hammond ]
|
|